Sapcor Sapcor, ‘n goedgekeurde finansiële dienste verskaffer
Sapcor Verseker
Click here for the English Version Click here for the Web Version Click here for the PDF Version Contact Sapcor
Amptelike Sapcor Nuusbrief : Uitgawe 9 / Maart 2007

Met 2008 reeds goed onderweg, bring ons 'n paar punte onder u aandag om te verseker dat die res van die jaar vlot verloop.

Aangesien eise in die versekering industrie toeneem, wil ons u graag herhinner aan die verantwoordelikhede van polishouers.

IS U BEWUS VAN DIE VEREISTES VAN U PERSOONLIKE POLIS?

Huisinhoud 
Verseker dat u voldoende dekking het, omrede awery (onderversekering) toegepas sal word vir berekening indien daar enige eise onder hierdie afdeling van u polis sou geskied.

Bewyse van diefstal moet altyd by wyse van geforseerde, ooglopende en met geweldadige toegang tot die perseel geskied.  Items wat verdwyn / verlê / verlore of gesteel word en nie aan bogenoemde voorwaardes voldoen nie, sal nie dekking geniet indien 'n eis ingestel word onder die huisinhoudelike afdeling van u polis nie.

Indien u polis 'n alarm waarborg klousule bevat, bly dit u verantwoordelikheid om te verseker dat die alarm te alle tye wanneer die perseel onbewoon is of wanneer u saans gaan slaap, geaktiveer moet word.  Verseker dus dat u alarm in goeie werkende toestand is.

SABS Goedgekeurde Weerlig  Beskermingsproppe moet geïnstalleer word om alle elektroniese toebehore te beskerm teen weerligskade.

NB:  Skade as gevolg van wisselende kragtoevoer en / of beurtkrag geniet nie dekking onder u versekeringspolis nie.
   

Alle Risiko 
Algemene items, indien verseker maar verwyder vanaf en buite die risiko en of versekerde eiendom / perseel, se dekking word beperk tot 'n limiet van R1000-00 per item tot die maksimum van die versekerde waarde.  Let asseblief dat die volgende items gespesifiseer moet wees om dekking te geniet:

Selfone & selfoon motor eenhede
Trapfietse
Sporttoerusting
Skoot / draagbare rekenaars
Brille (voorskrif & sonbrille) met 'n waarde bo R500-00
Fotografiese toerusting
Babastoele & stootwaentjies
Juwele met 'n waarde bo R1000-00
Radios wat nie deur die vervaardiger geïnstalleer is nie.

Items wat gesteel word vanuit 'n onbewaakte voertuig sal nie dekking geniet tensy die items buite sig was in 'n geslote kattebak of binne 'n geslote paneelkassie ten tye van die diefstal nie.

 

Nuut Nuus

Konstruksie Aanspreeklikheid

Dit is in u eie belang om ‘n Kontrakteurs Alle Risiko polis uit te neem wanneer u verbeteringe en / of aanbouings aan u huis / woning aanbring, om sodoende u bates te beskerm.

‘n Verbetering in versekeringsterme word as volg gedefinieer : “veranderinge aan die bestaande struktuur wat die dienste van 'n erkende kontrakteur vereis”.  Voorbeelde hiervan sou wees die aanbou van ‘n nuwe vertrek, installering van ‘n swembad of ‘n vergroting van ‘n bestaande deel van die huis en of woning.

Neem kennis dat Versekeraars nie aanspreek-likheid aanvaar vir sekere gedeeltes van u huisinhoud versekering nie, omrede skade wat veroorsaak word as gevolg van die verbeterings, die verantwoordelikheid van die kontrakteur sal wees.

Polis Opdatering

Ons herhinner u dat u huisinhoud, geboue en alle risiko items op ‘n gereelde basis aangepas moet word om voorsiening te maak vir verhoogde vervangingswaarde sowel as inflasie. Kontak ons kantore gerus by info@sapcor.co.za indien u enige aanpassings aan u polis sou wou aanbring.

Motor Huur
 (slegs van toepassing op Hollard, Santam Persoonlik en New National Poilshouers)

Het u ‘n ekstra voertuig tot u beskikking indien u voertuig gesteel of beskadig sou word of sou u in hierdie geval gestrand wees?

Om te verseker dat u vervoer het indien die onvoorsiene gebeur, raai ons aan dat u ons motorhuur opsie insluit:

  • R58 per maand verseker dekking in die geval van diefstal, ongelukskade, kaping en afskrywing.
  • R18 per maand verseker dekking in die geval van diefstal, kaping en afskrywing.
SAPCOR TAK VAN DIE JAAR KOMPETISIE 2008

Op die 14de Maart 2008 is ons Gordonsbaai en Natal takke aangewys as gesamentlike wenners van die Sapcor se gesogte “Tak van die Jaar Kompetisie” met prysgeld wat 
R50 000 beloop. 

Die gesamentlike wenners het heeljaar kop aan kop gekompeteer en eindelik die gesogte prys gedeel.

Die kriteria vir beoordeling was hoofsaaklik gebaseer op groei en eiseverhoudings.

SPESIALE AANBOD (Glasfit / Secure Tint)

Glasfit Secure Tint bied met trots ‘n spesiale afslag van 25% op die normale kleinhandelsprys op “smash & grab” film / produkte.  Glasfit Secure Tint (Pty) Ltd, is gestig in 2003, om te voldoen aan die behoeftes van die groeiende kliëntebasis van Glasfit.  Die maatskappy installeer veiligheid en sekuriteits laminering in voertuie, geboue en huise.  Die diktes wissel van 100 mikron tot 375 mikron koeëlbestande sekuriteitslaminering. Glasfit is die enigste veiligheidslaminerings maatskappy wat deur 3 voertuigvervaardigers naamlik BMW, General Motors en Ford SA goedgekeur word. Glasfit doen ook “OEM” werk vir Toyota, Honda, Renault, Land Rover en Hyundai.

Glasfit bied die volgende aan:

  • Nasionale netwerk van hoogs aangeskrewe en opgeleide tegnici.
  • Hoogs aangeskrewe veiligheids en sekuriteitlaminering in die wêreld ( vir meer inligitng www.securetint.com).
  • Lewenslange waarborg op alle laminering.
  • ‘n Gesentraliseerde rekeninge en kliëntediens fasiliteit.
  • ‘n Goed gevestigde en betroubare produk.
Volkswagen Citi Golfs

Volkswagen City Golfs

Volkswagen Citi Golfs word beskou as voertuie met ‘n hoë risiko van diefstal.  Indien u dit dus oorweeg om een aan te skaf, moet u verseker dat u voldoende sekuriteit installeer, ‘n Opsporingseenheid is dus ‘n vereiste en moet in die volgende voertuie geïnstalleer word ten einde diefstaldekking te verseker.

Citi Blues, Citi Deco, Citi Chico 1.3, Citi Chico 1.3 LUX, Citi Sonic 1.3, Citi Chico 1.4, Citi Rhythm 1.4, Citi, Chico 1.4i, Citi Com1.4i, Velociti 1.4i, Chico 1.4, Citi Rhythm 1.4, Citi 1.4i, Velociti 1.4i, Citi Chico 1.6i, Citi Life 1.6i, Velociti 1.6i, Citi 1.6i, Velociti 1.6i, Citi R-Line

VOERTUIE

Indien u nie binne ‘n 24-uur bewaakte sekuriteits gebied woon nie, word u herhinner dat u voertuig agter geslote hekke of  in 'n geslote motorhuis moet wees by die risikoadres, tussen 18h00 en 06h00.

Indien u voertuig ‘n opsporingsstelsel het, moet u verseker dat dit elke 6 maande nagegaan word en dat dit in goeie werkende toestand is.

Dit bly ook u verantwoordelikheid om ons in kennis te stel indien kinders onder die ouderdom van 25 jaar, gereelde bestuurders is van  voertuie wat onder u polis dekking geniet.

Verseker ook dat u voertuig se sekuriteit voldoen aan die vereistes soos uiteengesit in u polisskedule.

Let op die voorwaardes van dekking van u voertuie

Privaatgebruik:            Plaaslik, sosiaal, en plesier / vermaak, uitsluitende besigheids & professionele doeleindes.  Gebruik van u motor vanaf en na werk word ingesluit.

Besigheidsgebruik:     Die gebruik van u voertuig ten einde u beroep te bedryf, bv. verteenwoordigers en bemarkers.

Kommersiële gebruik: Dekking word nie automaties deur u persoonlike polis ingesluit nie   Hierdie dekking word bepaal met die vervoer van goedere vir handel doeleindes, bv. boukontrakteurs.

 Op ‘n ligter en vroliker noot, is Sapcor se Welsynsklub trots om ons besluit om verskeie kinderhuise, wat beide produkte sowel as geldelike bydraes benodig, te ondersteun en ons deelname met u te deel.

  • 'n Skenking van sokkerballe was gedurende die kerstydperk aan alle seuns van die Durbanville Kinderhuis in Kaapstad gemaak.
  • 'n Skenking aan Ebenhauser te Pretoria-Wes van sakgeld vir 33 kinders vir hul vakansie.
  • Verskeie items insluitend klerasie en speelgoed is ook geskenk aan behoeftiges in Silverton, Pretoria.
Hoofkantoor Takke
Tel: 012 998 8295
Faks: 012 998 8921
info@sapcor.co.za
www.sapcor.co.za
Pretoria: 012 998 8295
Johannesburg: 011 462 2528
Kaapstad: 021 856 1527
Bloemfontein: 051 448 1907
Durban: 031 562 8966
Nelspruit: 013 744 1444
Bethlehem: 058 303 3516
Oosrand: 011 826 3649
* Klik op Tak vir Epos